Olie bly laag, dollar bly sterk… wat word van brandstofprys?

Oliepryse het vanoggend verder teruggesak en eers rondom 86 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel maar het weer effe gestyg tot op 88 dollar ‘n vat. Die mark is senuagtig as gevolg van die sterkte van die Amerikaanse geldeenheid en die gepaardgaande vrese oor ‘n resessie in daardie land. Olie het tot dusver die maand met net meer as 14,5 persent gedaal. Opul en sy vennote sal ook moontlik binnekort produksievlakke verlaag, veral met die Wêreldbank wat meen daar sal ‘n resessie in 2023 voorkom. China bly ook plek-plek ingeperk en ekonomiese groei-syfers vir die land is afwaarts aangepas. Intussen sal die ministerie van myne en energie binnekort Oktober se brandstofprys aankondig. Ekonome sê terwyl die olieprys aandui dat die prys moet daal, is daar steeds kommer oor die Amerikaanse dollar. Op die oomblik verhandel die Suid-Afrikaanse rand teen amper 18 teen die Amerikaanse geldeenheid.