EU steek kers op by Eskom oor beurtkrag

Eskom skitter spreekwoordelik met beurtkrag. Daar word berig dat die EU op die oomblik in gesprek is met die Suid-Afrikaanse kragvoorsiener om te sien hoe beurtkrag hanteer word. Die EU sal moontlik energie-tekorte die komende winter ervaar met voortdurende sanksies teen Rusland en Rusland wat ophou gas voorsien het. Die Suid-Afrikaanse energie-kenner Ted Blom sê dis verbasend omdat Eskom nie eers goed is met beurtkrag nie.