Old Mutual SEED-projek vir entrepreneurs skop af

Old Mutual SEED is ‘n Namibiese inisiatief wat fokus op voetsoolvlak entrepreneurs in drie Namibiese dorpe, naamlik Keetmanshoop, Oshakati en Windhoek. Dit is aangepas om finansiële geletterdheid en vaardigheidsontwikkeling in die Namibiese mark te bevorder. Dit sal bereik word deur finansiële geletterdheids-opleiding, entrepreneurskap en leierskapsopleiding, en volhoubare sakepraktyke aan die kortlys-aansoekers te verskaf. Uit die kortlys-kandidate sal daar 20 finaliste in elke dorp gekies word, waaruit drie wenners gekies sal word om kapitaal vir hul ondernemings te wen. Daar sal drie wenners van elke dorp wees, dus altesaam nege wenners. Bemarkings- en kommunikasiebestuurder, Mufaro Nesongano praat tydens die bekendstelling by Soweto Market in Katutura.