Johannesburg se departement van menslike nedersettings begin met nuwe projekte

Die Stad Johannesburg het aangekondig sy departement van behuising sal nou bekend staan as die departement van menslike nedersettings. Dit volg nadat die omvang van die werk en die departement se mandaat uitgebrei is. Die burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings, Mlungisi Mabaso, sê die departement begin met nuwe projekte en programme, in ooreenstemming met die provinsiale en nasionale regerings.