Okutala Etosha Lodge heropen 

Die gewilde Okutala Etosha Lodge wat gesluit is sedert die uitbreking van die Covid-pandemie, sal môre sy deure heropen. Die lodge, wat naby die suidelike ingang van die Etosha Nasionale Park geleë is, is bekend vir hul olifant-reddingsoperasies. As jy die lodge besoek, kan ‘n kameelperd dalk sy nek rek terwyl jy in die swembad afkoel, of jy kan jou ontbyt met Okutala se rooimeerkat-familie deel. Kallie Kruger van Okutala Etosha Lodge deel die goeie nuus met Kosmos 94.1 Nuus.