Okonjima sê jammer

Okonjima het deur middel van ‘n verklaring wat aan die Namibiese Professionele Jagtersvereniging gerig is, om verskoning gevra as hy enige lede van die jagbedryf aanstoot gegee het met sy fondsinsameling video. Napha het vroeër skerp gereageer op video’s wat Okonjima op sy Facebook-blad geplaas het om witrenosters te beskerm. Yanna Smith het die besonderhede.