Huurindeks krimp weer

Die vraag na eiendomme te huur word as staties beskryf en word volgens kenners gedryf deur die huidige resessie wat Namibië ervaar. Die residensiële huurindeks het in Maart met 3,1 persent op ‘n jaargrondslag ingekrimp volgens navorsing deur FNB. Die bank se bestuurder van navorsing Frans Uusiku het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.