Okh se erf-chaos word ondersoek

Die chaos en blatante wanbestuur en korrupsie in die Okahandja-dorpsraad word ondersoek. Die voorsitter van die uitvoerende raad by die munisipaliteit Charl Coetzee sê die bepalings van die verkoop, of weggee van grond aan verskeie raadslede wat deel was van die Swapo-beheerde dorpsraad sal ondersoek word. Daar is berigte dat grond ook deur die groep Swapo-leiers vir ‘n appel en ‘n ui bekom is, tydens die moratorium wat deur die destydse plaaslike owerheid minister Sophia Shangingwa op grondverkope ingestel is in 2015. Daar word byvoorbeeld berig dat ‘n erf van meer as 1 840 vierkante meter teen die hoofpad, deur Valerie Aron, die destydse burgemeester, vir net meer as 92 000 Namibiese dollar aangekoop is. Daar word ook beweer dat talle van die verkope nie deur die raad goedgekeur is nie.