Nog brande bevestig, grote in Etosha

Daar is op die oomblik ‘n veldbrand naby Witvlei oos van die hoofstad en ‘n brand het ook weer ontstaan op die Daan Viljoen-pad net wes van Windhoek. Intussen is daar ‘n groot brand suidwes van Okaukuejo in Etosha Nasionale Park. Voorlopige inligting dui aan dat die brand op ‘n buurplaas ontstaan het en versprei het na die park. Veldbrande is op die oomblik ‘n baie groot uitdaging regoor die land en volgens Danie van Vuuren van die Landbou Werkgewersvereniging is die meeste brande weens nalatigheid veroorsaak.