Entstof-vervaardigers moet meer deursigtig wees

Die Wêreldbank sê gesamentlike oplossings is dringend nodig om die Covid-19 entstof so vinnig moontlik af te lewer in lande waar dit die nodigste is. Van die 6,4 miljard dosisse entstof wat reeds wêreldwyd toegedien is, was net 2,5 persent in Afrika. Dis ten spyte daarvan dat meer as 17 persent van die wêreldbevolking op dié vasteland woon. Axel van Trotsenburg van die bank sê maatskappye wat entstof vervaardig, moet hul kontrakte met die Afrika Enstofverkrygingstrust en Covax huldig, aflewering versnel en inligting bekend maak oor die maandelikse afleweringskedules vir entstofversendings.