Okakarara-skou skop af

Die Okakarara-handelskou, wat die afgelope twee jaar opgeskort is weens Covid, het vanoggend met 105 uitstallers oopgemaak. Vanjaar se uitgawe, wat die 14de is, word deur die Okakarara-dorpsraad gereël. Die voorsitter van die raad se bestuurskomitee, Golden Katjatako, sê daar is ook buitelandse uitstallers wat poog om besigheidsnetwerke te vestig. Vee vorm ook ‘n groot deel van die skou en daar is 200 beesboere met, 100 skaap- en 100 bokboere wat teenwoordig is. Daar is ook talle aktiwiteite met seminare oor die beste boerderypraktyke, ‘n skoonheidskompetisie, motorfietstoere, ‘n loopbaanskou vir studente, ‘n musiekfees wat Saterdagaand plaasvind sowel as verskillende kookkompetisies. Die skou sluit Saterdagaand af.