Amper 700 kinders aan masels in Zim dood

Zimbabwe se masels-uitbreking het tot dusver 685 lewens geëis. Volgens die land se gesondheidsministerie is daar ook vier keer meer gevalle as wat amper twee weke gelede aangemeld is, selfs al is daar ‘n landwye inentingsprogram. Daar is tans 6 034 bevestigde gevalle. Die uitbreking wek kommer omdat daar op 1 September alleen 191 nuwe gevalle was met 37 sterftes. Hoofsaaklik kinders tussen ses maande en 15 jaar oud het aan die siekte beswyk, veral dié van godsdienstige sektes wat nie in inenting glo nie.