Okahandja-sokkerliga hou jeug besig

Die nuutgestigde Okahandja-sokkerliga gaan die naweek voort met sewe wedstryde wat in die Nau-Aib-woonbuurt gespeel gaan word. Die liga het op 10 April afgeskop. Die voorsitter van die liga, Lee Hangula, het aan Namibiese media gesê hulle wil hul eie sokkersterre bevorder en terselfdertyd die jeug besig hou. Die liga bestaan uit 14 spanne uit die omgewing.