Nadal neem wraak

Die negemalige kampioen Rafael Nadal van Spanje se wraak was soet toe hy ná verlede week se nederlaag teen Alexander Zverev in Madrid, die Duitser in die Italiaanse Ope in skoon stelle afgeransel het. Die telling was 6-3 en 6-4. Die Amerikaner Reilly Opelka het vroeër met Federico Delbonis van Argentinië afgereken. Die oorblywende kwarteindwedstryde sal beslis word tussen die wêreld se nommer, een Novak Djokovic van Serwië, en Stefanos Tsitsipas van Griekeland, en die plaaslike Lorenzo Sonego en die Rus Andrey Rublev.