EIF beloon presteerders van volhoubare ontwikkeling

Die Environmental Investment Fund of Namibia gaan op 21 Mei sy derde Volhoubare Ontwikkeling-toekennings aanbied. Die Korporatiewe Kommunikasiebeampte van die EIF Nicole van Wyk het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is 9 kategorieë vir organisasies en individue wat aansienlik tot volhoubare ontwikkeling bygedra het. Sy sê die toekennings is verskeie kere uitgestel weens die Covid-pandemie.