Okahandja maak skoon

Camping in Namibia gaan môre ‘n skoonmaakveldtog op Okahandja hou vanaf die tuindorp se hoofstraat na Agra. Okahandja se inwoners is welkom om by Janey’s Coffee Shop byeen te kom waar die begin- en eindpunt is. Die skoonmaakveldtog is ter viering van Wêreld Omgewingsdag wat jaarliks op 5 Junie herdenk word. Tania Schoeman, die organiseerder praat met Kosmos 94.1 Nuus.