Informele nedersettings is bron van kommer – Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê die kwessies rondom informele nedersettings in Suid-Afrka is steeds ‘n ernstige bron van kommer ondanks verskeie suksesvolle behuisingsprojekte. Ramaphosa het in antwoord op die vrae rondom die presidensiële begrotingspos toegegee die regering het nog baie om te doen ten opsigte van menslike nedersettings in die land.