Nangolo sê oor volksmoord

Die Vise-president Nangolo Mbumba sal vanoggend om half-12 die land toespreek oor die volksmoord onderhandelings met Duitsland. Tot dusver is inligting oor die 1,1 miljard euro wat Duitsland opsy gesit het vir ontwikkelingsprojekte redelik skraps maar die eerste minister Saara Kuugongelwa Amadhila sal die Nasionale Vergadering volgende week Dinsdag, wanneer sittings hervat, ook in die verband toespreek. Talle van die gemeenskappe wat geraak is, is ontevrede oor hoe die onderhandelings gevoer is. Die voorsitter van die Ovaherero/Ovambanderu en Nama-raad Gerson Katjirua het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat terwyl hulle bankvas agter die regering staan en die aanbod van Duitsland aanvaar, het hulle baie meer verwag. Hy het aan plaaslike media gesê die skadevergoeding is eerder nader aan 1,26 triljoen Namibiese dollar. Duitsland het vroeër weer beklemtoon die fondse is nie in die vorm van reparasies nie maar eerder, ontwikkelingsbystand.