Spele: Gerda sal moet uithaal en wys, Peres is ook daar

Suid-Afrika se goue vrou van langafstande, Gerda Steyn, sal moet uithaal as sy indruk wil maak in die Olimpiese marathon in Parys. Dit volg nadat die verdedigende kampioen Peres Jepshirchir Sondag ‘n nuwe wêreldrekord opgestel het in die Londen-marathon. Die Keniaan het klaargemaak in twee-uur-16-minute-en-16-sekondes. Steyn se beste tyd oor die 42 kilometer wedloop is twee-uur-24-minute-en-drie-sekondes.