AfriForum kry dringende interdik om R50 miljoen aan Kuba te skenk

AfriForum het daarin geslaag om ‘n dringende interdik te bekom om die departement internasionale betrekkinge en samewerking te verhoed om 50 miljoen rand aan Kuba te skenk. Die hooggeregshof in Pretoria het teen die skenking beslis te midde van ‘n ernstige ekonomiese krisis. Reiner Duvenage van AfriForum sê hulle is tevrede met die uitspraak en dat hulle daarin kon slaag om die onwettige, skandelike skenking in sy spore te stuit.