Oekraïnse President pleit vir wêreldvrede

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne het tydens sy besoek aan Amerika gesê die wêreld het vrede nodig. Washington het ‘n nuwe pakket van 34 miljard Namibiese dollar bevestig en nog 772 miljard dollar aan Oekraïne belowe. Ná die Withuis-ontmoeting met Amerikaanse President Joe Biden het die 44-jarige Zelensky ‘n gesamentlike sitting van die Amerikaanse kongres toegespreek, waar hy staande toegejuig is.