Sokkerlegende Pele se toestand vererger

Sokker: Die hospitaal waar die Brasiliaanse held Pele behandel word het aangekondig sy kanker-toestand vererger, sowel as sy nier- en hartprobleme. Die 82-jarige Pele is op 29 November in ‘n hospitaal in Sao Paulo opgeneem vir ‘n herbeoordeling van sy chemotherapie-behandeling, volgens sy mediese span. Hy is in September 2021 geopereer om ‘n gewas in sy kolon te verwyder. Dokters het ook ‘n asemhalingsprobleem by hom  gediagnoseer. Pele, wie se regte naam Edson Arantes do Nascimento is, het meer as 1 000 doele in sy loopbaan aangeteken en is die enigste speler in die geskiedenis met drie Wêreldbekers agter sy naam.