Oekraïnse leeus veilig in SA

Die Oekraïnse leeus, Simba en Mir, het ‘n toevlugsoord in Suid-Afrika gevind nadat hulle gered is. Volgens berigte was die leeus in onaanvaarbare toestande in hokke toegesluit. Die omgewingsorganisasie, Warriors of Wildlife, het ‘n suksesvolle reddingspoging uitgevoer en die diere is na die Simbonga-wildsplaas tussen Gqeberha en Jeffreysbaai in die Oos-Kaap geneem. Simbonga is ook die tuiste van ‘n tier wat gered is, sowel as kameelperde, sebras, wildebeeste, rooibokke, waterbokke, ape en ‘n verskeidenheid voëls.