Swanger leerders mag eksamen skryf – SA-menseregtekommissie

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê hy is bekommerd oor berigte dat swanger leerders verhoed word om hulle matriek-eksamen af te lê. Dit volg na ‘n voorval waar twee swanger leerders in KwaZulu-Natal na bewering uit die klas verwyder is voordat hulle gister hul eksamen kon skryf. André Gaum van die kommissie sê sulke voorvalle moet aangemeld word: