Oekraïners gee nie op nie… nie in WWII nie, en nie nou nie

Dit wil voorkom asof die oorlog in Oos-Europa nie vinnig tot ‘n einde sal kom nie want Oekraïners gee nie in nie. Hulle het nie in die Tweede Wêreldoorlog ingegee nie en hulle sal nie nou nie. Dit is die mening van die Suid-Afrikaanse kenner in militêre aangeleenthede Helmoed Heitman. Hy sê hulle het ‘n saak om voor te veg, en doelgerigte leierskap.