Ekonomie het met 5,6% in tweede kwartaal gegroei

Die Namibiese Statistieke-agentskap het vandag die ekonomiese syfers vir die tweede kwartaal bekend gemaak. Volgens die agentskap het ekonomiese aktiwiteite verder in die periode uitgebrei en die reële BBP het gedurende die tweede kwartaal tot 5,6 persent gegroei, teenoor 5,5 persent in dieselfde tydperk verlede jaar. Landbou en bosbou het met 1,9 persent in die periode gegroei mynwese 29,4 persent, elektrisiteit en water met 21,8 persent, vervoer met 5 persent en gesondheid met 6,8 persent, vergeleke met die ooreenstemmende kwartaal van 2021.