Oekraïne vry na Afrika…

Die Oekraïnse minister van buitelandse sake, Dmytro Kuleba, het sy land se planne uiteengesit om Rusland se invloed in Afrika teë te werk, terwyl hy sê hy het geen aanduiding van wat Afrika-leiers in hul beplande vredesinisiatief voorstel nie. Kuleba, sê sy land sal tien nuwe ambassades op die vasteland open, met die eerste in Rwanda en Mosambiek. Sy land sal ook poog om landbou-uitvoere na Afrika te bevorder en militêre betrekkinge te versterk. Hy sê sy land is gretig om sterk vennootskappe met Afrika te bou en voeg by die Oekraïne is nie ‘n slagoffer nie en nie ‘n bedelaar wat om hulp kom vra nie. Hy kom na Afrika en bied wedersyds voordelige vennootskappe.