Museveni toets positief vir Covid

Uganda se President Yoweri Museveni het positief getoets vir Covid-19 maar is in goeie gesondheid en sal sy pligte voortsit terwyl hy behandeling kry. Museveni is teen Covid ingeënt. Die 78-jarige president het Woensdag sy staatsrede gelewer. Op die hoogtepunt van die pandemie het Uganda van Afrika se strengste inperkingsmaatreëls gehad wat aandklokreëls, besighede- en skoolsluitings, die sluiting van grense en ander stappe ingesluit het. Die land het eers in Februarie 2022 ten volle heropen.