Oekraïne sukkel om sy koring uit te voer

Daar is internasionaal groot kommer oor koringvoorsiening as gevolg van die oorlog in Oos-Europa. Koring beslaan 15 persent van die wêreld se totale kalorieë. Nou sê die Oekraïne se nuwe lanbouminister, Mykola Solskyi, die uitvoer van graan word by die dag moeiliker. Solskyi sê die situasie sal net verbeter wanneer die oorlog teen Rusland tot ‘n einde kom. Hy sê voor die oorlog het die land gewoonlik 4,5 miljoen kilogram graan per maand uitgevoer. Oekraïne het steeds groot hoeveelhede graanvoorraad en beplan om dit per trein deur sy westelike grens uit te voer.