Oekraïne ondersoek missiel-aanval
Die Oekraïne se minister van verdediging, Rustem Umerov, het ‘n ondersoek gelas na ‘n beweerde Russiese ballistiese missielaanval op die Oekraïense aanvalsbrigade, ná berigte dat meer as 20 soldate tydens ‘n toekenningseremonie dood is. In ‘n aparte verklaring op die Telegram-boodskaptoepassing sê die Oekraïne se weermag dat Rusland Vrydag die Zaporizhzhia-streek met ‘n Iskander ballistiese missiel aangeval het. Dit was nie duidelik hoeveel soldate gesterf het nie. Die verklarings kom ná ’n vlaag vroeëre berigte op Oekraïense sosiale media en van militêre bloggers dat ’n prysuitdeling wat Vrydag die Artilleriedag gedenk het, getref is en dat burgerlikes ook omgekom het.