Djokovic sal trofees prysgee as om te spuit

Die wêreld se nommer-een Novak Djokovic sê hy sal veel eerder nog trofees, ook Grand Slams, prysgee as om onder dwang teen Covid-19 ingeënt te word. Die Serwiër is verlede maand uit Australië gedeporteer nadat die regering weens sy inentingstatus sy visum gekanselleer het. In ‘n eksklusiewe onderhoud met die BBC in Brittanje, het die wenner van 20 Grand Slam-titels gesê hy was nooit teen die inenting nie, maar hy het nog altyd die vryheid om te kies wat jy in jou liggaam toelaat, ondersteun. Hy het verder gesê die beginsels om oor sy liggaam te besluit, is veel belangriker as enige titel.