Odinga nader vandag die hof oor uitslae

Kenia se veteraan-opposisieleier Raila Odinga sal vandag die uitslag van die presidensiële verkiesing in die Hooggeregshof uitdaag. Verlede week het die verkiesingskommissaris verklaar dat adjunk-president William Ruto die verkiesing met ‘n skrale marge, met minder as 2 persent, gewen het, maar vier uit sewe verkiesingskommissarisse het verskil en gesê die samestelling van uitslae was nie deursigtig nie. Daar is kommer oor ‘n herhaling van die geweld wat in beide 2007 en 2017 voorgekom het.