Gleeson is ingesluit in Aussie-oefengroep vir reeks teen Bokke

Langi Gleeson sê hy is vol vertroue dat hy op die internasionale toneel kan skitter indien hy vir die Wallabies gekies word om teen die Springbokke te speel. Hy sluit aan by afrigter Dave Rennie se groep van 35 vir die opeenvolgende toetse in Adelaide en Sydney. Gleeson, wat slegs 292 minute van Super Rugby en Australië A gespeel het, sê dit voel onwerklik. Hy het nie verwag om vir die span gekies te word nie, maar hy sal die geleentheid om sy debuut vir die Wallabies te maak, met albei hande aangryp: