Ockie Strydom wen Alfred Dunhill-gholfkampioenskap

Gholf: Die Suid-Afrikaner Ockie Strydom het die Alfred Dunhill-kampioenskap by  Leopard Creek in Mpumalanga met twee houe gewen. Hy het met ‘n laaste ronde van 69  op 18 onder baansyfer klaargemaak om sy eerste oorwinning in die DP World-toer op te raap. Die Spanjaard Adrian Otaegui was tweede op 16 onder met ‘n finale ronde van 68, terwyl Laurie Canter van Engeland in die derde plek klaargemaak het met 15 onder baansyfer op 64. Nog twee Suid-Afrikaners, Branden Grace en Oliver Bekker, is saam met die Kanadees Aaron Cockerill gelykop in die vierde plek.