Obama palm Emmy in, het reeds 2 Grammy’s

Die voormalige Amerikaanse president Barack Obama is halfpad daar om ‘n Emmy, Grammy, Oscar en ‘n Tony te wen. Hy het ‘n Emmy gewen as beste verteller vir sy werk aan die Netflix-dokumentêre reeks, Our Great National Parks. Hy het ook reeds twee Grammy-toekennings ontvang vir die voorlees van sy oudioboek-memoires, The Audacity of Hope en A Promised Land. Obama is die tweede president wat ‘n Emmy inpalm met Dwight D. Eisenhower wat in 1956 ‘n spesiale Emmy-toekenning ontvang het.