OB: Vordering word gemaak in Phala Phala-saak

Die waarnemende openbare beskermer in die buurland, Kholeka Gqaleka sê vordering word gemaak met die ondersoek na die diefstal by President Cyril Ramaphosa se plaas in 2020. Sy sê nog ondersoeke moet egter gedoen word om die saak af te handel. Sy het gepraat oor die verslae wat haar kantoor uitgereik het oor ondersoeke wat in die derde kwartaal van verlede jaar gedoen is. Gqaleka sê hulle is besig om ‘n verslag op te stel oor of daar bewyse vir ‘n saak is of nie. Sy sê indien haar kantoor bevind dat daar ‘n wesenlike klag is, sal ‘n diskresionêre kennisgewing uitgereik word, waarna die president sal kan reageer.