PDM: Namibië moet gered word om ‘n ongeletterde nasie te word

Nog Namibiese opposisiepartye het hul stem by die debat oor die teleurstellende eksamenuitslae gevoeg. Die Popular Democratic Movement se parlementslid Inna Hengari sê die antwoord op Namibië se onderwys-uitdagings is beter onderwysers-opleiding. Hengari sê dit sal Namibië daarvan red om ‘n ongeletterde nasie te word. Sy sê die hoë druipsyfer bevestig dat niks in skole verander het wat die vaardighede van onderwysers betref nie. Hengari sê daar is ook ‘n behoefte om die onderwyssektor se grondslag te verstewig, terwyl sy die hoë druipsyfer in Engels betreur het.