Duitse polisie hou tieners aan oor ‘beplande aanval’

Die polisie in die weste van Duitsland hou twee tienermeisies en ‘n seun van die Düsseldorf-streek aan wat verdink word van die beplanning van ‘n Islamitiese aanval. Aanklaers sê die drietal, tussen 15 en 16 jaar oud, het dalk ‘n terreuraanval beplan wat moord sou insluit. Ondersoekers het nie meer besonderhede gegee oor die beweerde sameswering nie, en sê die ondersoek is nog aan die gang.