NWR se lugtrein-saak: Partye poog om te skik

Die partye poog om te skik in die saak waar die besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts, dr. Matthias Ngwangwama die hoërhof vra om te keer dat die omgewingsminister en sewe ander respondente ‘n lugtrein by Sossusvlei oprig. Ngwangwama vra dat regter Herman Oosthuizen die toekenning van ‘n tien-jarige konsessie aan Laban Kandume van Sky Eye Tours & Hospitality om ‘n helium-lugballon en treinstelsel by Sossusvlei toe te ken, ter syde stel. Die partye het nou aan Oosthuizen gesê hulle poog om die kwessie op te los. Die regter het die saak tot 12 Desember uitgestel sodat die partye ooreen kan kom. Onlangse berigte lui ook dat die omgewingsklaring-sertifikaat wat deur Green Earth Environmental Consultants opgestel is, toon dat die projek skadelik vir die omgewing, wat as Unesco-erfenisterrein verklaar is, sal wees.