NWR sal help om Sossus se bome te beskerm

Namibia Wildlife Resorts loop deur na daar weer foto’s op sosiale media geplaas is van toeriste wat die ikoniese bome in die Dooievlei by Sossusvlei klim, en aan die takke hang. Daar is tekens aangebring dat dit nie toegelaat word nie maar, die tekens is reeds jare daar en erg verbleik. Volgens Nelson Ashipala, woordvoerder van die NWR, is die vlei nie die maatskappy se verantwoordelikheid nie en berus by die omgewingsministerie, maar hy sê hulle sal die kwessie aanspreek.