NWR: Oorde bekostigbaar vir Namibiërs

Namibiërs en inwoners van die SAOG-streek kan nou goedkoper by Namibia Wildlife Resorts se oorde gaan uitspan. NWR het ‘n beloningsplan van stapel gestuur deur lae pryse vir verblyf aan te bied. Namibiërs kan nou van Namibië se beste oorde besoek teen ‘n fooi van so laag as 660 Namibiese dollar per persoon op aanbieding van ‘n Namleisure-afslagkaart, insluitend aandete en ontbyt. Tariewe is geldig vir nuwe besprekings vanaf 1 November 2022 tot 31 Oktober 2023. Nelson Ashipala, woordvoerder van Namibia Wildlife Resorts, sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarom NWR besluit het om hierdie tariewe te hersien.