DA veroordeel Transnet-staking

Die DA sê die vervoervakbond, Satawu se staking kan Transnet lamlê. Meer as 20 000 werkers het vandag gedreig om te staak oor ‘n loongeskil. Die party se woordvoerder, Ghaleb Cachalia, doen ‘n beroep op hulle om ‘n ooreenkoms te bereik wat die lede sal pas, aangesien die staking die uitvoer-gerigte landbou- en mynbou-bedrywe negatief kan beïnvloed.