EIF: Sikanjabuka-akkerbouprojek is suksesvol

Die Namibiese omgewingsminister, Pohamba Shifeta, het die oorhandiging van die Sikanjabuka-akkerbouprojek in die Zambezi-streek behartig wat deur die Omgewingsbeleggingsfonds, die EIF, gefinansier is. Die projek sluit in ‘n kweekhuis-stelsel wat deur hernubare energie aangedryf word, met ‘n 10 000 liter watertenk wat op die terrein geïnstalleer is, asook drie boorgate wat gerehabiliteer en met sonkrag toegerus is. Daarbenewens het die projek ‘n trekker en implemente vir volhoubare weiveld-bestuur aangeskaf en asook byekorwe vir heuning-produksie. Die projek het ‘n rekord-oes vroeg vanjaar aangeteken en ‘n inkomste van 12 000 Namibiese dollar opgelewer wat herbelê is in die instandhouding van die projek.