NWR kies 10 sosiale media beïnvloeders

Namibia Wildlife Resorts (NWR) het 199 inskrywings ontvang van plaaslike beïnvloeders op sosiale media wat belangstel om deel te neem aan hul eerste program om bewussyn te skep oor NWR se oorde. NWR se bestuurder vir korporatiewe kommunikasie, Mufaro Nesongano, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle uiteindelik tien beïnvloeders op sosiale media gekies het om deel te neem aan die program wat van 1 Julie tot 31 Oktober aangebied word. Hul reisinhoud sal dan aan hul volgelinge, asook NWR sosialemediaplatforms gedeel word.