NWR het planne om plaaslike besoekers volgende jaar te lok

Namibia Wildlife Resorts het onlangs die ondersteuning wat hy van inwoners ontvang betreur. Terwyl hy goeie syfers van buitelandse burgers en toeriste deurgegee het, blyk dit asof die NWR nie die keuse van Namibiërs is nie. Die maatskappy gaan reeds jare gebuk onder kritiek van swak diens en vervalle infrastruktuur. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskappy se woordvoerder Nelson Ashipala gepraat oor hulle beplanning om die stand van sake volgende om te keer.