Ramaphosa sal 8 Februarie sy staatsrede lewer

President Cyril Ramaphosa het gevra vir ‘n gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies vir die staatsrede op Donderdag, 8 Februarie, om sewe-uur die aand. Die staatsrede is die amptelike aanvang van die parlementêre program vir die jaar en sal na verwagting in die geskiedkundige stadsaal in Kaapstad plaasvind. Die geleentheid val saam met die 30ste herdenking van die land se demokraties-verkose parlement. Die woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, sê die tweede staatsrede sal na die verkiesings plaasvind.