Amsterdam se rooiliggebied moet dalk trek

Die Europese Medisyne-agentskap sê hy is uiters bekommerd oor die owerhede in Amsterdam se voorstel om die rooiliggebied te verskuif na naby die agentskap se hoofkantoor. Die burgemeester Femke Halsema wil die stadskern-rooiliggebied verwyder om ontslae te raak van Amsterdam se beeld as ‘n “sondestad” en te reageer op inwoners se klagtes oor kleiner misdade en raserige toeriste in die gebied. Die stadsleiers het die Europa-boulevard in die suidelike buitestreek van Amsterdam se hoof-sakedistrik gekies vir ‘n nuwe “Erotiese Sentrum”. Die voorstel sal vroeg volgende jaar voor die plaaslike raad dien.