Meer as 1 500 arbeidseise in eerste kwartaal

Die Namibiese Ministerie van Arbeid sê hy het tydens die 2020-2021 finansiële jaar uitbetalings van meer as 1,8 miljoen Namibiese doller bemiddel. Arbeidsnavorser Herbert Jauch sê dit is verbysterend dat 1 505 eise slegs in die eerste kwartaal ingedien is. Dit is dieselfde tydperk toe die eerste positiewe Covid-gevalle in die land aangemeld is. In die vierde kwartaal is 1 241 eise ingedien. Herbert Jauch verduidelik.