NVG teleurgesteld regter Koen onttrek aan Zuma-saak

Die Nasionale Vervolgingsgesag in die buurland sê hulle het geen ander keuse as om regter Piet Koen se onttrekking van oupresident Jacob Zuma se korrupsieverhoor te aanvaar nie. Koen het die aankondiging vandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gemaak en bygevoeg sy besluit is in die belang van geregtigheid om te verseker die land het vertroue in die regstelsel. ʼn Woordvoerder van die NVG, Mthunzi Mhaga sê Koen het buitengewone werk in die verhoor gedoen.