Padwedlope: Comrades 2023 se inskrywings Woensdag oop

Padwedlope: Weens die gewilde aanvraag vanaf deelnemers in Suid-Afrika en die res van die wêreld, sal die 2023 Comrades Marathon-inskrywingsproses vanaf Woensdag vir drie dae heropen. Atlete sal tussen 1 en 3 Februarie ‘n inskrywing vir vanjaar se wedloop kan verseker deur in te skryf via die Comrades Marathon se webwerf. Die inskrywingsproses open Woensdagoggend om 10 uur en sluit Vrydagmiddag om half-vyf, tensy die inskrywings vol is voor die afsnytyd. Die 2023 Comrades Ultra Marathon se af-wedloop vind op Sondag 11 Junie plaas.